Tallie Broodryk
Full names: Jan Andreas
Date of birth: 11 Apr 1910
Place of birth: Loxton
School: Tulbagh
Springbok no: 244
Debut test province: Lions
Date of death: 22 Oct 1993 (Age 83)

Test summary:
First Test:
Last Test:
Test history:
DateAgePositionOpponentResultScoreVenueProv

Tallie Broodryk (82) oorlede : Quintus van Rooyen

23/10/1993


TALLIE BROODRYK, Springbok- vleuel van Transvaal en Noord- Transvaal in die laat jare dertig en een van die oudste Springbokke, is gisteroggend in die ouderdom van 82 jaar ses maande aan sy huis op Calitzdorp oorlede en word Woensdag op Rustenburg begrawe.

Hy was 'n lid van Phillip Nel se roemryke Springbokspan van 1937 wat die eerste en een van die min spanne is wat die All Blacks in 'n toetsreeks in Nieu-Seeland kon klop. Briljante vleuels soos wyle Dai Williams en Freddie Turner het verhoed dat Broodryk in enige toetse op daardie toer teen die Wallabies en die All Blacks gespeel het.

Broodryk, wat 'n Polisieman was en vir die Pretoriase Polisie-rugbyklub gespeel het, het in 1937 as 'n Rooibonte Springbok geword omdat die Noord-Transvaalse Rugby-unie eers in 1938 gestig is. Maar in 1938 het hy in die eerste Noord-Transvaalse rugbyspan in die geskiedenis gespeel en ook daardie jaar saam met ander Springbokke, wyle dr. Danie Craven, wyle Ferdie Bergh, wyle Roger Sheriff, wyle genl Nic. Bierman en genl. Harry Martin vir die Ligbloues teen die Britse Leeus uitgedraf.