Chris de Wilzem
Full names: Christian Johannes
Date of birth: 14 Oct 1932
Place of birth: Queenstown
School: Hangklip
Springbok no: 335
Debut test province: Cheetahs
Date of death: 6 Mar 2006 (Age 73)

Test summary:
First Test:
Last Test:
Test history:
DateAgePositionOpponentResultScoreVenueProv

Chris de Wilzem oorlede : Owen Kock

Chris de Wilzem, 'n oud-Vrystaatse en Noord-Transvaalse rugbylosvoorspeler, is op 73-jarige ouderdom oorlede. Hy was met sy dood by die Hartebeespoortdam woonagtig.

De Wilzem is in 1932 in Queenstown in die Oos-Kaap gebore en het sy skoolloopbaan aan die Hoƫrskool Hangklip voltooi.

Hy het in 1956 saam met die Springbokke in Australiƫ en Nieu-Seeland getoer. Hy het nooit in 'n toets gespeel nie, maar het 16 wedstryde op toer gespeel.

De Wilzem het ook vir die Junior Springbokke en Suid-Afrikaanse Universiteite uitgedraf. Hy het tussen 1955 en 1965 in 55 wedstryde vir die Vrystaat gespeel, waarvan hy vyf keer die kaptein was.