Andrew Janson
Full names: Andrew
Date of birth: 29 May 1935
Place of birth: Philippi
School: Voortrekker, Wynberg
Springbok no: 414
Debut test province: Western Province
Date of death: 17 Jan 2007 (Age 71)

Test summary:
First Test:
Last Test:
Test history:
DateAgePositionOpponentResultScoreVenueProv

Oud-Springbok sterf aan hartversaking : Die Burger 23/1/2007

KAAPSTAD – ’n Voormalige Springbok-voorspeler, Andrew Janson, is Woensdag in die ouderdom van 71 jaar aan hartversaking oorlede.

Janson laat sy vrou, Engela, twee seuns, Andrew en Francois, en drie kleinkinders agter.

Volgens mev. Janson het haar man ses jaar gelede ’n hartomleiding gehad en het hy die afgelope drie jaar baie verswak.

“Hy was baie stil en teruggetrokke, en baie hardwerkend,” het sy gesê.

“Hy het vir sy gesin gelewe. Ek kan net goeie goed oor hom sê.”

Sy het gesê hulle was 49 jaar getroud.

“Dít breek my hart. Ons sou op 31 Mei 50 jaar getroud gewees het,” het sy gesê.

Janson het in 1965 saam met die Springbokke na Nieu-Seeland en Australië getoer, waar hy 11 wedstryde (geen toetse) in die Groen-en-goud gespeel het. Hy het as slot en flank agt drieë gedruk op dié toer.

Sy seun Francois is ook gebore terwyl Janson op toer was.

Tussen 1960 en 1970 het hy 42 keer vir die Westelike Provinsie uitgedraf. Hy het ook vir die polisie se klubrugby gespeel.

’n Voormalige rugbyteenstander van Janson, Trevor Robertson, onthou hom as "’n klipharde voorryspeler".

“Ek sal nooit vergeet nie dat hy eenmaal op Nuweland met die bal gehardloop het en ek kon hom net so half bykom met die een hand aan die nek.

“Hy het net so ’n vinnige skudbeweging met sy nek gemaak en dit het gevoel of my vingers afgebreek het. Van toe af het ek hom nooit weer probeer hoogvat nie. Hy was so sterk soos ’n os,” het Robertson gesê.

Janson word vanmiddag om 15:00 begrawe uit die NG gemeente Constantia op die hoek van Firgrove- en Ladies Mile-weg in Bergvliet.

- Jan Gerber