Piet van Deventer
Full names: Pieter Ignatius
Date of birth: 6 Jun 1946
Place of birth: Krugersdorp
School: Barkly East
Springbok no: 437
Debut test province: Griquas
Date of death: 16 Mar 2013 (Age 66)

Test summary:
First Test:
Last Test:
Test history:
DateAgePositionOpponentResultScoreVenueProv

Griekwas verloor een van sy helde van ’70-eindstryd : Die Volksblad - 18/3/2013

KIMBERLEY – Nog een van Griekwas se heel grotes het geval.

Piet van Deventer, vir bykans ’n dekade ’n steunpilaar vir die Griekwa-rugbyspan, is Saterdagoggend oorlede.

Hy het Donderdagoggend ’n hartaanval gehad. Hy het in Klerksdorp gewoon.

Van Deventer was ’n lid van die legendariese Griekwa-span wat die Curriebeker in 1970 omhoog gehou het. Dit was in dié eindstryd teen Noord-Transvaal in Kimberley waar hy ook amper ’n drie gedruk het.

Die breier van die span, Ian Kirkpatrick, is ook onlangs dood.

Van Deventer, ’n Springbok, sou in Junie 67 jaar oud geword het.

Hy het tussen 1966 en 1974 in 55 wedstryde vir die Poubloues uitgedraf.

Ofskoon hy nooit in ’n toets vir die Springbokke gespeel het nie, het hy wel sy land in 12 toerwedstryde op die 1969-’70-toer na Europa verteenwoordig.

Hy kon maklik in meer wedstryde in die Groen en Goud gespeel het en selfs toetsverskynings op sy kerfstok gehad het indien hy in ’n ander era gespeel het.

In sy tyd het die Bokke oor van die beste losvoorspelers beskik met manne soos Jan Ellis, Piet Greyling, Tommy Bedford, Albie Bates en Lofty Nel.

Volgens Piet Smith, wat etlike jare ’n spanmaat by Griekwas was, het hy sowat twee en ’n half jaar gelede vir Van Deventer gesien toe die 1970-span ’n reünie op Beeshoek gehad het om die 40ste herdenking van die Curriebeker-oorwinning te vier. Hy het vir Ammosal klubrugby gespeel.

"Piet was nog baie gesond, want hy was baie aktief. Ek weet hy was nog baie onlangs by rugbyafrigting betrokke. Ek onthou hom as ’n ernstige mens en ’n ongelooflike fikse en toegewyde speler. Jy kon altyd op sy ondersteuning staatmaak. Piet was altyd aan jou binne- of buitekant. Hy was ’n goeie baldraer en het ’n goeie voorgevoel gehad. Saam met Denys Vorster en Peet Smith het hulle ’n gedugte lostrio gevorm. Hulle het mekaar goed aangevul," het Tos Smith gister gesê.

Ook Peet Smith onthou hom as ’n buitengewoon fikse speler.

"Hy het van jongs af geboks, wat moontlik tot sy fikse leefstyl bygedra het. Piet was oopkantflank en ons het baie na sy kant toe gespeel."

"Dit maak nie saak wie van ons die drie gedruk het nie. Dit was altyd vir my, Piet en Denys net ’n vreugde as ons tot die drie kon bydra," het Smith onthou.