Thinus Delport
Full names: Gerhardus Marthinus
Date of birth: 2 Feb 1975
Place of birth: Port Elizabeth
School: Linden
Springbok no: 662
Debut test province: Lions
Physical: 1.88m, 98kg
Current age: 49

Test summary: Tests: 18 Tries: 3
First Test: 10 Jun 2000 Age:25 Reserve against Canada at Basil Kenyon Stadium, East London
Last Test: 8 Nov 2003 Age:28 Left Wing against New Zealand at Colonial Stadium (Telstra Dome), Melbourne
Test history:
DateAgePositionOpponentResultScoreVenueProv
10 Jun 200025ReserveCanadaWin: 51-18 Basil Kenyon Stadium, East LondonLions
17 Jun 200025ReserveEnglandWin: 18-13 Loftus Versfeld, PretoriaLions
08 Jul 200025Left WingAustraliaLose: 23-44 Colonial Stadium (Telstra Dome), MelbourneLions
22 Jul 200025Left WingNew ZealandLose: 12-25 Lancaster Park (Jade stadium), ChristchurchLions
29 Jul 200025Full BackAustraliaLose: 6-26 Stadium Australia, SydneyLions
19 Aug 200025Full BackNew ZealandWin: 46-401 tryEllispark, JohannesburgLions
26 Aug 200025Full BackAustraliaLose: 18-19 Kingspark, DurbanLions
12 Nov 200025Full BackArgentinaWin: 37-33 River Plate, Buenos AiresLions
19 Nov 200025Full BackIrelandWin: 28-18 Aviva Stadium (Lansdowne Road), DublinLions
26 Nov 200025Full BackWalesWin: 23-13 Millenium Stadium (Cardiff Arms Park), CardiffLions
23 Jun 200126Full BackFranceWin: 20-15 Kingspark, DurbanLions
30 Jun 200126Left WingItalyWin: 60-141 tryBoet Erasmus, Port ElizabethLions
12 Jul 200328Left WingAustraliaWin: 26-22 Newlands, Cape TownFalcons
09 Aug 200328Full BackNew ZealandLose: 11-19 Carisbrook, DunedinFalcons
11 Oct 200328Left WingUruguayWin: 72-61 trySubiaco Oval, PerthFalcons
18 Oct 200328Left WingEnglandLose: 6-25 Subiaco Oval, PerthFalcons
01 Nov 200328Left WingSamoaWin: 60-10 Suncorp Stadium (Lang Park), BrisbaneFalcons
08 Nov 200328Left WingNew ZealandLose: 9-29 Colonial Stadium (Telstra Dome), MelbourneFalcons

Thinus Delport : Suparugby

22 November 2020
Die sout-en-peper baard klik sy ouderdom maar andersins lyk die 45-jarige Thinus Delport nog of hy steeds op Ellispark onder die All Blacks kan uithardloop. Ek het die oud Bok by Olivias by Nortcliffcorner ontmoet, sowat 'n klipgooi van 6e Straat in Linden waar ons sowat 23 jaar die eerste keer gepraat het.

Thinus is deesdae 'n skaars artikel hier plaaslik. Hy woon in die Cottswolds. Die dorpie Cowley in Gloucestershire is 'n landelike gemeenskap sonder 'n winkel of kerk. Dit is waar hy en sy Britse vrou Lora hul twee spruite Ruan Jacques (10) en Hollie Rose (8) grootmaak.

Hy is in die in-en uitvoer van hoofsaaklik citrus betrokke en is ‘n gereelde besoeker wat plase wyd en syd dwarsoor die land besoek. Thinus het in 18 toetse vir die Bokke gespeel en lank vir die Leeus en Cats gespeel voordat hy vir Gloucester en later vir Worcester uitgedraf het.

Kirkwood is egter sy hartland waarheen hy eendag wil terugkeer en waar sy liefde vir die cirtusbedryf gekweek is. Dit is ook waar die Delports en Oliviers se rugbywortels lê. Pa Gerhard het lank vir die OP heelagter gespeel, oom Ters was 'n bedrewe skrummie wie vir die Maties uitgedraf het.

Die oud OP haker Kobus Delport is ‘n neef van sy pa en die 51 Springbokhaker Willem is ook verwant. Dan loop die famieliebloed ook deur die Boksenter Eben Olivier wie se broer Eric ook provinsiale rugby gespeel het. Die Bokke in die 30s, Jan en Anton Stegman was sy oupa aan sy ma se kant se ooms.

Hy is nou in die derde fase van sy lewe - die eerste 35 jaar waarin hy rugby gespeel het, toe nege jaar in afrigting en televisiewerk en nou hopelik vir die volgende 20 in die citrusbedryf.

Mens kan ook nie altyd in ‘n sweetpak en tekkies rondloop nie.