Tokkie Scholtz
Full names: Hugo H.
Date of birth: 29 Aug 1891
Place of birth: Somerset West
School: Paul Roos Gymnasium
Springbok no: 177
Debut test province: Western Province
Physical: 1.79m, 83.9kg
Date of death: 8 Apr 1959 (Age 67)

Test summary: Tests: 2 Tries: 0
First Test: 13 Aug 1921 Age:29 Flank against New Zealand at Carisbrook, Dunedin
Last Test: 27 Aug 1921 Age:29 Flank against New Zealand at Eden Park, Auckland
Test history:
DateAgePositionOpponentResultScoreVenueProv
13 Aug 192129FlankNew ZealandLose: 5-13 Carisbrook, DunedinWP
27 Aug 192129FlankNew ZealandWin: 9-5 Eden Park, AucklandWP

Scholtz Street : G.J. van Eck.

SCHOLTZ, H. H. ("Tokkie"), het in 1921 op 29 jarige leeftyd die springbbokkleure gedra op die oorsese toer in Nieu-Seeland. Hy was een van die Maties in daardie span. Oor hom skryf Craven ". . . Tokkie Scholtz should have been in the 1912 team, but he knocked on . . . "

Terloops, hierdie insident wat Tokkie sy kleure gekos het, was oorsaak dat Oubaas Mark dikwels gesĂȘ het: 'If you want to make the team, don't be there to take a pass'."

Mnr. Hugo (Tokkie) Scholtz is op 8 April 1959 in die ouderdom van 67 jaar in die Stellenboschse Hospitaal oorlede.

Hy is in 1944 tot direkteur van K.W.V. vir die Stellenbosch-afdeling gekies en dit sedertdien onafgebroke verteenwoordig. Hy was 'n welbekende wynboer.

Baie jare het hy in die komitee van die W.P.-rugby-unie gedien en later het hy lewenslid daarvan geword. Hy was onder meer ook president van die 'Van der Stel-rugbyklub, lid van die Stellenboschse Afdelingsraad, direkteur van die S.A.W.F.A., die Helderbergse Ko-operatiewe Wynkelder, die Stellenboschse Distriksbank en die W.P. tabakkorporasie.

Hy word oorleef deur sy eggenote en drie kinders.

BRONNE:
(1) CRAVEN, Dr. D.: Oubaas Mark, 1959.
VERDER:
CRAVEN, D. H.: Springbok-annale (Rugby) 1889-1964.
PARKER, A. C.: Giants of South African Rugby.
Die Wynboer, Mei 1959.

- Uit Pretoriana: Rugby Springbokke na wie straatname in Danville, Pretoria, vernoem is