Carrots Geraghty
Full names: Edwin Martin
Date of birth: 20 Apr 1927
Place of birth: Port Beaufort
School: East London Technikon
Springbok no: 283
Debut test province: Border
Physical: 1.74m
Date of death: 13 Nov 2015 (Age 88)

Test summary: Tests: 1 Tries: 0
First Test: 17 Sep 1949 Age:22 Left Wing against New Zealand at Crusaders (St George's Park), Port Elizabeth
Last Test: 17 Sep 1949 Age:22 Left Wing against New Zealand at Crusaders (St George's Park), Port Elizabeth
Test history:
DateAgePositionOpponentResultScoreVenueProv
17 Sep 194922Left WingNew ZealandWin: 11-8 Crusaders (St George's Park), Port ElizabethBorder

Nog `n oud-Springbok oorlede : Piet Ebersohn

26 November 2015 - Met al die publisiteit rakende die dood van die gewese All Black-vleuel Jonah Lomu en die Springboksenter John Gainsford het nog `n gewese Bok se dood byna ongesiens verbygegaan.

Edwin (Carrots) Gerathy, wat in 1949 vir Suid-Afrika teen die All Blacks gespeel het, is op 13 November oorlede, maar min inligting oor sy dood is bekend.

Hy was by sy afsterwe die tweede oudste lewende Springbok ná Cecil Moss, sy vleuelmaat in die vierde toets teen die All Blacks van Fred Allen.

Gerathy, wat op Fort Beaufort in die Oos-Kaap gebore is, het op 20 April sy 88ste verjaardag herdenk. Hy het later jare in `n aftreeoord in Sandton gewoon.

Die destydse nuweling in die Springbokspan het vir Grens en die klub Hamiltons in Oos-Londen uitgedraf toe hy as 22-jarige op 17 September 1949 in sy enigste toets gespeel het.

Grens was destyds `n krag in Suid-Afrikaanse rugby en het twee keer teen die All Blacks gespeel. Die tuisspan het die eerste wedstryd 9-0 gewen en die tweede het 6-6 gelykop geëindig. Gerathy het elke keer stewig vertoon.

Hy was eweneens een van die uitblinkers in die toets op St Georgespark in Port Elizabeth. Suid-Afrika het 11-8 gewen en daar was geen twyfel nie dat Gerathy sy plek in die span verdien het.

Die All Blacks het hul hande vol gehad met sy sterk binneswenk en venynige pypkan wanneer hy die pad hoekvlag toe gevat het.