Gert Cilliers
Full names: Gert Daniël
Date of birth: 28 Jul 1940
Place of birth: Ficksburg
School: Grey College
Springbok no: 384
Debut test province: Orange Free State
Physical: 1.83m, 80.74kg
Date of death: 26 Jan 1986 (Age 45)

Test summary: Tests: 3 Tries: 1
First Test: 13 Jul 1963 Age:22 Right Wing against Australia at Loftus Versfeld, Pretoria
Last Test: 7 Sep 1963 Age:23 Right Wing against Australia at Boet Erasmus, Port Elizabeth
Test history:
DateAgePositionOpponentResultScoreVenueProv
13 Jul 196322Right WingAustraliaWin: 14-31 tryLoftus Versfeld, PretoriaOFS
24 Aug 196323Left WingAustraliaLose: 9-11 Ellispark, JohannesburgOFS
07 Sep 196323Right WingAustraliaWin: 22-6 Boet Erasmus, Port ElizabethOFS

Gert Cilliers : Suparugby

Iemand met baie geld en volop tyd wat al jare sy broeke langs ons land se rugbystadions deurskuur, kom na die eerste toets tussen die Springbokke rn Wallabies in 1963 geesdriftig aangestap. Aan sy gesig kon ek sien dat sy kennersoog iets op Loftus Versfeld raakgesien het.

“Jong, vir ‘n mannetjie wat in sy eerste toets gespeel het, was daardie mannetjie van die Vrystaat, Gert Cilliers, vir jou ‘n doring hoor,” was sy geesdriftige mening. “Hy was die veld vol, en wanneer hy die bal gekry het, was daar pêre.”

My vriend is nie die enigste rugbykenner wat die mening huldig nie. Nog lank voordat Cilliers die Springboktrui oor die kop getrek het, het die blitsige donkerkop-kêrel van 5 voet 11 en ‘n half duim en 178 pond vir die Vrystaatse Universiteit uitgeblink.

In sy eerste toets het hy behalwe sy pragspel ‘n skitterende drie gedruk. Toe hy vir volgende toets vir Jannie Engelbrecht op regtervleuel moes plek maak, is Cilliers met reg as die ongelukkigste speler in die land beskou. In die derde toets was hy egter terug in die span, uit posisie op linkervleuel.

Dit is reeds geruime tyd dat Cilliers aan die Springbokdeur klop. Dit is net iemand soos Engelbrecht wat hom tot dusver uit die span gehou het. Albei is vinnig en lê die 100 tree in kortby 10 sekondes af. Hul kruisverdediging is onverbeterlik en hulle is vir enige span baie punte werd.

Hierdie 23-jarige vleuel met die beskeie geaardheid het in 1960 die eerste keer getoon dat hy dit nog ver gaan bring. Daardie jaar het vir die Sentrale Universiteite teen die All Blacks in Oos-Londen plek gekry. In daardie wedstryd het hy skitterend verdedig en ‘n pragdrie gedruk.

Jimmy White, die Springbok van 1931-37 het Cilliers uitgesonder as ‘n speler wat nog ‘Bok sou word. Verlede jaar het hy nog ‘n tree nader aan die droom gegee toe hy vir die Junior Springbokke in Pretoria teen die Leeus gespeel het. Hy het nie baie kanse op die aanval gekry nie, maar sy teenstander voos geduik. Hy het sy plek oopgespeel met ‘n pragvertoning vir die Vrystaat teen die Leeus (die wedstryd het gelykop geëindig) en Gert het twee keer gedruk en een van ‘n handjievol spelers geword wat dit kon vermag.

Gert Daniël Cilliers is op 28 Julie 1940 in Ficksburg gebore. Hy was skaars nege en ‘n held tussen sy spanmaats met sy Springboktrui wat sy ma vir hom gebrei het, kompleet met ‘n Bokkie op die bors en nommer op die rug. In 1955 toe die Leeus Suid-Afrika besoek het, het Gert vir Ficksburg se Onder 15-span gespeel, maar dieselfde jaar nog vir die skool se eerste span uitgedraf. Vir die volgende drie jaar, tot 1958 het Gert vir die eerstespan gespeel.

In ‘57 en ‘58 het hy as senter plek in die Vrystaat se skolespan gekry. Sedert 1960 speel Gert gereeld vir die Universiteit se eerstespan.

In 1960 het hy ook sy eerste provinsiale wedstryd gespeel toe hy in die laaste wedstryd as senter langs die Springbok Ian Kirkpatrick ingespan is. In 1961 is hy weer gekies maar hy moes hom weens ‘n besering onttrek. Sedert 1963 is hy egter gereeld in die Vrystaatspan, Die meeste drieë wat hy nog in provinsiale rugby gedruk was drie verlede jaar teen Wes-Transvaal.

Gert hou nie net daarvan om drieë te “plant” nie, maar een van sy stokperdjies is potplante. Sy aanvallige vroutjie, Isobel, vertel dat Gert ook baie lief is vir gebraaide biefstuk en slaai. Vetterige kos en baie soetigheid skuif hy opsy.

Op skool het hy aan die 440, 220 en 100 tree deelgeneem en sy beste tyd was 10.2 sekondes. Sederdien het hy die 100 tree ‘n paar keer in 10s afgelê. Gert was eenkeer net vir ‘n halfuur wêreldrekordhouer met ‘n tyd van 8,8 sekondes. Daar moes iets met hul stophorlosies verkeerd gegaan het. Hy moes die wedloop toe oorhardloop en wen toe in 8,9s. En dit is toe dat iemand lont ruik en die baan meet, en dit was natuurlik te kort!