George van Reenen
Full names: George Lionel
Date of birth: 29 Mar 1914
Place of birth: Darling
Schools: Maritzburg College Paul Roos Gymnasium
Springbok no: 259
Debut test province: Western Province
Date of death: 12 Nov 1967 (Age 53)

Test summary: Tests: 2 Tries: 2
First Test: 17 Jul 1937 Age:23 Flank against Australia at Sydney Cricket Ground, Sydney
Last Test: 14 Aug 1937 Age:23 Eighthman against New Zealand at Athletic Park, Wellington
Test history:
DateAgePositionOpponentResultScoreVenueProv
17 Jul 193723FlankAustraliaWin: 26-172 triesSydney Cricket Ground, SydneyWP
14 Aug 193723EighthmanNew ZealandLose: 7-13 Athletic Park, WellingtonWP

DIE MOOISTE DRIE OOIT : Pierre Coetzee

George van Reenen was lid van "die beste Springbok span" nou lê hy vasgekluister aan sy bed... en vertel van: "DIE MOOISTE DRIE OOIT"

Van die skrum of hanteer vier spelers die bal, twee keer word dwars geskop en vir die eerste keer raak die bal agter die doellyn weer grond...

OOM George van Reenen, die Springbokflank van "die beste Springbokspan van alle tye", die 1937-span na Australië en Nieu-Seeland, ly aan 'n ongeneeslike siekte. Sy hele spierstelsel is aangetas en vandag kan die blitsige flank nie eens sy tone beweeg nie.

Ons het by oom George, voormalige voorsitter van die Springbokkeurkomitee, gaan besoek aflê en 'n bietjie oor die ou dae gesels.

Hoewel oom George se verstand so helder soos die blou-groen Atlantiese Oseaan is, kan hy nie veel van die wedstryde van daardie 1937-toer onthou nie. "Mens is net bewus van die skare wanneer jy uitdraf, en dan kan jy net sowel in 'n eensame sneeuvlakte speel. Geen geluid bereik jou nie. Ek het die gewoonte gehad om geweldig te konsentreer - van klubwedstryde af tot toetse. Daarom moet ek eerlik sê dat ek baie min hoogtepunte van enige wedstryd onthou. Daar is darem 'n paar uitsonderings."

Met 'n verlangende blik oor die groen speelvelde van Groenpunt skuins onder sy woonstelvenster waar die brakke baljaar en die snuiters met gomlastiekballe ronddraf, vertel oom George van die mooiste drie in 'n wedstryd waarin hy gespeel het. En met tipiese nederigheid kies hy juis 'n beweging waaraan hy (skynbaar) slegs 'n geringe aandeel gehad het. Kort na die skeuring in die Wes-Kaap het die Westelike Provinsie die Bolandse span 39-5 op Wellington geklop. Die Bolanders bet hulle klaargemaak vir 'n harde voorspelerstryd in die volgende wedstryd teen die W.P., want hulle wou die bal ten alle koste van die streeptruie se agterlyn weghou. Die "weerwraakwedstryd" word toe op Stellenbosch afgespeel, en die atmosfeer was so gespanne dat jy dit met 'n tang kon knip.

Binne die W.P: gebied word 'n vaste skrum beveel, en oom George stap na skrumskakel Ballie Wahl toe. "Ballie, ek gaan net sak, en dan onmiddellik padgee. Gee die bal vir my sodat ons vinnig van die skrum kan wegkom." So gesê, so gedaan. Van Reenen sny effens regs weg en halfpad tussen sy eie kwartgebied en die middellyn los hy 'n dwarsskop. Fanie van der Spuy, een van die beste agterspelers wat oom George ooit gesien het, vang die bal uit die lug en sny na regs. Op die Bolandse "25" skop by na links, en C. B Louw was daar om die bal uit die lug te vat en onder die pale te druk.

Van die oomblik toe Van Reenen die bal diep in sy eie gebied gekry het, het dit nie een keer grond gevat alvorens die drie aangeteken is nie. "Of ons hierdie beweging vooraf beplan het? Gladnie! Maar dit wys net vir jou wat gedoen kan word as die manne intelligent speel"

Oom Paul Roos het later gese dat dit die mees klassieke drie was wat by ooit gesien het.

Ons het vertel dat Fanie van der Spuy wat die bal uit die lug gevang en die oorspronklike beweging daarmee voortgesit het. "Fanie het 'kop' gehad," mymer oom George. "Nie baie vinnig nie, maar 'n man wat vir sy vleuels beweeg ruimte kon gee, en altyd 'n plan kon maak.

"Bennie Osler is miskien die beste agterspeler wat ek ooit gesien het. Hy was die man wat die meoste met 'n bal kon doen. Mens son sweer by beheer 'n biljartbal op 'n groen tafel, pleks van 'n ongemaklike rugbybal op 'n groot veld. Hy was inderdaad die unieke meesterbrein.

"Boy Louw was straks die beste voorspeler teen wie en met wie ek ooit saamgespeel het. Hy was ook die man wat sy teenstanders die beste kon opsom: van die vierde skrum in enige wedstryd weet by presies waar die swakhede is.

"Dit bring my by vandag se kapteins, sê maar sedert die oorlog. Ek sou sê Basil Kenyon was die beste kaptein van die moderne fase. Hy het die spel deur-en-deur geken, kon blitsige besluie te neem en het die fyn diplomasie en aangename persoonlikheid gehad wat spelers hul allerbeste laat lewer het.

"Ek dink Dawie de Villiers het al die eienskappe wat Basil ooit geopenbaar bet. Hy is 'n mannetjie met 'n fantastiese persoonlikheid wat in een van ons allergrootste Springbokkapteins kan ontwikkel, indien beserings hom nie in die wiele ry nie."

En dit bring ons by die samestelling van die huidige Springbokspan. Oom George dink beslis dis die beste span wat onder omstandighede gekies kon word, hoewel baie min van die manne oor vyf jaar nog die groen-en-goud sal kan aantrek. "Dis egter beter om volwasse manne te laat toer, want bloedjong kinders kan lelike knoue opdoen - geestelik en fisies. Ek weet ook nie of daar ongelukkige manne agtergebly het wat hul plek verdien het nie. Niemand wat mens in elk geval met Dirkie Cloete, Stoffel Bosch en Mike Cronje kan vergelyk nie. Ek sou sê hulle - en Dick Lockyear, voordat by finaal Springbok geword het - is van die ongelukkigste manne om die grootste rugbyeer te mis.

"Laat ons bietjie na ons huidige span kyk. Ek het nie help kies nie, en daarom is my menings seker nie 'sub judice' nie. Eerstens sou ek net twee spesialiste-vleuels saamgeneem het en meer senters. Dis eintlik die enigste werklike beswaar wat ek het. Vergun my darem ook om 'n woordjie vir die veelbesproke Wyness te uiter: hy is nie 'n briljante senter nie, maar as mens hom fyn dophou, sien jy hoe onselfsugtig by gapings vir andere maak. Daarby is sy verdediging dodelik.

"Vir nog twee ander manne voel ek effens jammer en dan kan ons die positiewe sy beskou. Hulle is Faan Conradie en, tot 'n mindere mate, Mike Lawless. Hulle ly aan 'n veranderlike siekte en hierby bedoel ek dat hulle herhaaldelik met nuwe spanmaats ingespan word in spanne wat aanhoudend skommel. In ons dae was die toestand veel meer konstant en dit het ons juis die geleentheid gegee om 'n spelpatroon te ontwikkel wat op 'n uitmuntende verstandhouding gebaseer is.

"Wilson en Mulder is ons beste heelagters, as mens die wisselvallige Mickey Gerber oor die hoof moet sien. Mulder het hom op die laaste dag van die laaste dag van die proefwedstryde ingespeel en dit bring my by 'n aspek waaroor ek aanstaande week gaan uitwei - Springbokkeurders."